Biografie

Na skool het hy musiek gaan swot, uitvoerende kunste, ligte musiek en Jazz. . Pretoria Technicon, Kerkstraat Kampus,. Hy het kitaar gespeel en rock & roll is al wat hy wou doen. Hy het so lank as wat hy kan onthou liedjies geskryf.

Aanvanklik het hy net in engels geskryf. Hy was nooit regtig tevrede met die songs nie tot Desember 1995 waar hy sy pen tot sy eerste afrikaanse liedjie gewend het. Vir die eerste keer was hy gelukkig met die “song”, hy wou niks verander nie en so is sy debuut album wat in ’98 vrygestel is, “ Voel Vere” gebore.

Liedjies soos “My lam” en sy eerste en enigste politieke liedjie “ Ou Maat” was goed ondersteun deur RSG. Hy ontmoet ook vir Jannie du Toit wat op daardie stadium die platemaatskappy JNS besit het.

Met sy eerste vyf songs klaar, het hulle n vergadering en hy vra toe die groot vraag. “Dink jy daar is ‘n toekoms vir my as ‘n liedjie skrywer Jannie? “ Dis die begin van n jarelange vriendskap en leerling van Jannie du Toit & Christa Steyn.

Hy word ook gevra om aan die 10 jaar reunie van die “Voelvry” beweging deel te neem by Kaktus KKNK. Hier tree hy vir die eerste keer voor en saam met sy HERO’S op. Koos Kombuis, Valiant Swart, Kerkorrel ens… Hy sal dit nooit vergeet nie.

Op min of meer dieselfde tyd kruis sy pad met Anton Goosen & Laurika Rauch.

Anton het hom gevra of hy wil deelneem aan die “ Om te Breyten” projek. Kies ‘n Breyten gedig en toonset hom. Hy het die gedig “ Ballade van ontroue bemindes” gevat en op ‘n bietjie van ‘n rock beat getoonset.

Voor hy hom weer kon kry staan hy met sy groot ‘ghoeroe’ Anton aan sy linkerkant en niemand minder as Breyten homself aan sy regterkant. Waar is sy Afrikaanse onnie nou?? ‘n Noue band is daar gesnoer tussen hom en die liedjieboer. Anton is en sal altyd vir hom n groot inspirasie wees.

Tussen deur dit alles tree hy op in venues soos Café Barcelona en enige venue wat oorspronklike musiek ondersteun. Hy en Clinton Waring van Steve se “ Dis hoe dit is” faam speel saam. Hy het vir Clinton op technikon ontmoet en die twee en die girl met die goue stem Nianell, was groot pelle en is nogsteeds.

Terwyl hy en Clint by Café Barcelona optree stap Laurika Rauch daar in !!!

Na die vertoning stap Laurika na hulle toe en vra of hulle nie vir haar vertonings die begeleiding wil doen nie. Dit was die begin van die lekkerste 3 jaar van sy lewe. In die tyd vra sy hom of hy nie vir haar ‘n song wil skryf nie. Nie net het hy vir haar ‘n song geskryf nie, hy het hom so geskryf dat sy dit saam met hom sing. “ Beste Vriende” is toe gebore. Saam met haar het hulle venues soos “ The Royal Albert Hall” en “Wembly” in Engeland gespeel asook elke groot teater in ons land. Staatsteater, Artscape, Sand du Plessis ens.

Gedurende hierdie tyd stel hy sy tweede album “ Donkerkant” vry. In hierdie album se hy dankie aan sy grootste inspirasie Koos Kombuis. Hy neem ook drie van Koos se songs op.

“Parranoia”, die legendariese “Johnny” en ‘n reggae weergawe van “ Lisa se Klavier”.

Donkerkant is ‘n lekker harde rock album met een ballade wat baie goed vir hom gedoen het “ Ek roep jou naam”. Die liedjie is onder andere ook opgeneem deur Theuns Jordaan, Laurika Rauch & Christiaan Kritzinger.

Begin 2000 neem hy die album “Sonder jou” op. Hy het aan die begin van sy loopbaan die voorreg gehad om vir Marshall Harmse te ontmoet. As daar nou een persoon is wat hy moet uitsonder is dit Marshall. Marshall het hom baie geleer in die bedryf.

Natuurlik is ‘songwriting’ n gawe van bo wat regtig somtyds so vinnig gebeur dat jy regtig nie krediet vir die liedjie kan vat nie. Hy dink baie wiskundig oor skryf, hy deel ‘n song op in lirieke en in musiek. Omdat hy musiek geswot het , het hy nooit regtig veel waarde geheg aan lirieke nie. Die melodie en die “riffs” en die “groove” is al wat vir hom belangrik was. Dis nou maar die laaste paar jaar wat hy regtig ingaan in die lirieke. Hy is veral gek oor Valient se woorde. Hy kan ook net skryf as hy iets het om te se.

Net nadat “Sonder jou” vrygestel is bel Dozi hom. “ Woutie ek wil vier van jou songs van die album opneem” . Hy het nog so by homself gedink, is dit nie bietjie baie nie, maar in elk geval. Hy het ook nog ‘n liedjie vir hom voorgele “ Kom ‘n bietjie binne” wat die titelsnit van sy album geword het. Dozi het ook “Pretoria Prinses”, “Soutsmaak”, “As ek verlief raak” en “Sonder Jou” opgeneem. Hy moet erken dit was nogal ‘n draaipunt in sy loopbaan. Danksy Dozi het soveel meer mense sy baby’s gehoor en hy sal hom altyd dankbaar wees daaroor. Hy het nou so baie navrae vir songs hy kan nie by bly nie.

Wouter was ook mede eienaar van die recording studio “Studio of Note”. Saam met sy vennoot Christa Steyn het hulle baie nuwe talent ontdek en het hulle vir kunstenaars verskillende pakkette aangebied.

Hy was ook 8 jaar betrokke by die ATKV se “Ligte Liedjie Werkskool. Met Crescendo wat nou net n kreatiewe kompetiese is kry hulle die top nuwe liedjie skrywers en doen ‘n werkswinkel met hulle. Lize Beekman, Karin Hougaard en Wouter was van die hoofaanbieders en dan kry hulle nog gas sprekers in om met die kinders te praat. Daar is ‘n baie groot gaping tussen die liedjieskrywer en ons uitvoerende kunstenaars.

In 2007 kontak Mathys Roets & Mel Botes vir Wouter om deel te raak van die Ses Snare produksie wat steeds gehore vermaak.

Wouter en Pieter Smith, MD Greyling & Carle van Deventer het ook hulle talente saam gespan en die groep KAROO is gebore.

In 2015 verhuis Wouter na die Weskus waar hy die sangpaar Wynand & Cheree Strydom se Fine Tune Studio vir hulle bedryf.

Wouter se nuutste album – Toe roep jy my – is pas vrygestel deur platemaatskappy Vonk Musiek en is beskikbaar by musiekwinkels en op iTunes.

Wouter doen ook solo optredes regoor die land so bespreek hom gerus vir jou volgende fees of funksie.